Akkoord? Akkoorde!

Nuwe Reëls?

Toe ek Saterdag-oggend die artikel, Proposed new rules for .ZA Internet addresses will make South Africans “emigrate” to .COM lees, het daar vir my net baie vlaggies opgegaan. Of ek deel daarvan wil wees weet ek nie, en het reeds myself losgemaak vanaf my .co.za domein. Vir tyd en wyl sal ek dit nog hou, maar ek het reeds werk begin om weg te skuif vanaf johanmynhardt.co.za na iets meer kreatief.

Wie gaan voordeel trek?

As 'n Suid-Afrikaner kan 'n mens maar net wonder wie nou weer eintlik die voordeel gaan trek uit die verandering uit. Daar is sprake van lisensieëring aan ZADNA wat duidelik net nóg 'n manier is om geld uit mense te kry.

En om toegaing na die registrasie-eenheid se omgewings af te dwing op ZADNA aanvraag is vir my heel te naby aan iets verdag.

Nuwe Domein

Ek het 'n hele ruk spandeer Saterdag oggend om te kyk watse TLD's beskikbaar is in AWS Route53, en wat die tarriewe is. Hierdie hele ding het my eintlik goed gedoen; want nou moes ek hard en mooi dink oor wat ek nou eintlik wil doen vorentoe.

Die soek proses het begin met die vereiste dat dit iets met Afrikaans te doen sal hê. En gelukkig is daar redelik baie twee-letter TLDs wat 'n mens mee kon speel. Ek wou dit ook redelik kort hou.

Aan die einde het ek besluit op akkoor.de! Daar is redelik speelplek. Soos 'n akkord wat 'n mens op 'n instrument speel, of 'n ooreenkoms. Ek is seker ek sal verder kan speel en iets bruikbaar daarvan kan maak.

ZARC

Ek het nou-nou gesien dat daar twee dae gelede besluit was op 'n operateur, en dit is ZARC, ZA Registry Consortium, dieselfde mense wat co.za domein administrasie doen. Daaroor is ek wel tevrede.

Nou moet 'n mens maar net wag en sien wat kom met die nuwe regulasies wat voorgestel is.


Tags: akkoor.de ZADNA ZACR


Copyright © 2024 Johan Mynhardt
Powered by Cryogen
Theme by KingMob